Ons leef dit uit

Ons probeer ons roeping en missie prakties uitleef deur te fokus op:

  • Die suiwer verkondiging van die Woord en bediening van die sakramente;
  • Geestelike groei en aanbidding van God deur eredienste en Bybelstudiegroepe;
  • Onderlinge liefdesdiens binne die gemeente en diens aan ons gemeenskap;
  • Om ons geloof in Christus daagliks prakties in woord en daad te deel.

Ons as gemeente wil ’n sigbare teken wees van God se genade en liefde in  Bloemfontein en verder.