Ons Bybelstudie- en Gebedsbediening skep veilige ruimtes waar lidmate saam in God se Woord delf, mekaar ondersteun en saam bid. Hier groei geloof nie net deur kennis nie, maar ook deur verhoudings.
Ons het sewe weeklikse Bybelstudiegroepe waar ongeveer 80 lidmate saam leer en groei.
Daar is tans sewe weeklikse Bybelstudiegroepe, gelei deur een van die leraars. Ongeveer 90 lidmate (±25% van die gemeente) is weekliks hierby ingeskakel.
In hierdie groepe:
Die groot waarde van hierdie kleingroepe lê in die onderlinge meelewing en ondersteuning. Lidmate ervaar vrymoedigheid om vrae te vra en gedagtes te deel sonder vrees vir veroordeling. Hierdie groepe is onmisbaar in die uitbou van ons gemeente se geestelike groei en omgee-kultuur.
Dinsdae 09:30vm
Ds Jors Reynders
Dinsdae 16:00nm
Ds Jors Reynders
Dinsdae 17:30nm
Ds Jors Reynders
Woensdae 10:00vm
Ds Jors Reynders
Woensdae 18:00nm
Prof. Laetus Lategan
Jong Lidmate elke tweede Maandag 18:00nm
Ds Jors Reynders
Gesinne elke alternatiewe Maandag 18:00nm
Ds Jors Reynders
Ons ondersoek tans die moontlikheid om ook digitale Bybelstudiegroepe te begin, sodat die Evangelie met ’n wyer groep mense gedeel kan word.
Ons weeklikse nuusbrief, die “Bulletin”, speel reeds ’n belangrike rol in hierdie bediening. Dit word digitaal versprei en bevat geestelike oordenkings en gebedsriglyne om lidmate toe te rus vir voorbidding — vir die gemeente, ons bedieninge en persone wat uitdagings beleef.
Maandae - Vrydae | 08:00 -13:00
"Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”
Matteus 28:19 -20 (AFR 2020)