Die Vrouebediening fokus op die fisiese, emosionele en geestelike welstand van vrouelidmate in die gemeente. Ons skep geleenthede waar vroue geestelik kan groei, emosioneel versterk word en fisies aktief kan bly, terwyl ons saam ’n ondersteunende geloofsgemeenskap bou.
Die Vrouebediening bied:
Ons bediening is hoofsaaklik ’n vroue-tot-vrouebediening en word onderskei van die Gasvryheidsbediening deur ons spesifieke fokus op die holistiese versorging van vroue in die gemeente.
Die Vrouebediening is ook betrokke by:
Bybelstudie- en Gebedsbedieing: Gemeente wye Bybelstudiegroep ressorteer onder hierdie bedien. Die Vrouebediening bied slegs vrouespesifieke toerusting en verwys vroue na Pastorale Bediening
Pastorale Bediening: Pastorale begeleiding huisbesoeke en krisessorg ressorteer onder die Pastorale Bediening, Die Vrouebediening onderlinge ondersteuning en verwys vroue na die Pastorale Bediening wanneer professionele of langdurige begeleiding nodig is.
Gasvryheidsbediening: Alle verversings, teegeleenthede, gemeente-etes en gasvryheidsfunksies resorteer onder hierdie bediening. Vrouelidmatè dien daar volgens hul gawes.
Gemeenskaps- en Uitreikbediening: Uitreik en barmhartigheidsprojekte word deur die gekoördineerd, Die Vrouebedieing moedig deelname aan en ondersteun projekte waar moontlik
Projekte van barmhartigheid en dienslewering geskied in samewerking met hierdie bediening.
Erediensbediening: Aktiwiteite wat met eredienste verband hou word in samewerking met die Erediensbediening beplan.
Basaar- of Fondsinsamelingspan: Die Vrouebediening lewer vrywilligers en ondersteuning.
Die Vrouebediening beskik oor ’n toegewyde gasvryheidspan van 36 dames wat hul gawes en diensbaarheid beskikbaar stel vir:
Hierdie geleenthede versterk ons onderlinge verbondenheid en help nuwe lidmate om gou tuis te voel.
Pilates is ’n sagte, maar effektiewe oefenmetode wat fokus op kernkrag, balans, soepelheid en liggaamsbeheer. Die bewegings word stadig en beheers uitgevoer, met besondere aandag aan korrekte asemhaling en liggaamshouding. Dit is geskik vir mense van verskillende ouderdomme en fiksheidsvlakke.
Kom en geniet dit saam.
Stoel Pilates: Maandae om 11:15vm – 12:00nm
Gewone Pilates: Maandae om 17:00nm – 17:45nm
Kyk hierobo na ’n voorsmakie van een van die Stoel Pilates-klasse.
Pitkos vir Vroue bied weeklikse, geestelike opbouende oordenkings in die vorm van stemnotas via WhatsApp. Dit is ’n geleentheid om elke week ’n bietjie stil te word, te luister en geestelik versterk te word.
Kerntemas: Met ‘n fokus op die volgende temas en hul kerntekste:
Ek is geliefd. Ek is ‘n kind van God. Ek is vergewe. Ek is nuut gemaak. Ek is vry. Ek is sterk in Christus en nog vele meer.
Wil jy graag deel wees? Sluit aan by die WhatsApp-groep en ontvang die weeklikse stemnota direk op jou foon.
Skandeer die QR-kode om by die groep aan te sluit, of klik op die knoppie hieronder.
Luister hierbo om te hoor hoe Pitkos vir Vroue klink.
























Maandae - Vrydae | 08:00 -13:00
"Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”
Matteus 28:19 -20 (AFR 2020)