Ons Omgeebediening gee hande en voete aan Jesus se liefde. As gemeente wil ons ons deernis prakties uitleef deur fisiese nood te verlig én geestelik uit te reik na mense in ons gemeenskap en verder.
Hierdie huise bied sub-ekonomiese verblyf aan seniors sonder familie-ondersteuning.
Ons gemeente:
Ons ondersteun die 15 seuns van Huis Welverdiend met bederfpakkies, kersgeskenke en huishoudelike benodigdhede om ’n warm, huislike atmosfeer te help skep. Die huisouers ontvang ook emosionele ondersteuning in hul veeleisende taak.
Ons ondersteun hul werk finansieel en maak gebruik van hul maatskaplike dienste waar nodig.
Ons is ingeskakel by sinodale barmhartigheidsaksies en noodfondse vir rampe in die Vrystaat en elders.
Gesinne in nood ontvang maandelikse gebalanseerde kospakkies. Hierdie bediening word hoofsaaklik deur vrywillige donasies befonds.
Sedert 2016 is leke-predikers in die informele nedersetting Grasslands opgelei. ’n Kerkstruktuur is opgerig waar eredienste, vroue- en jeugbyeenkomste plaasvind. Ons weeklikse broodprojek voorsien ±300 laerskoolkinders van toebroodjies, en in wintermaande word mussies en handskoene gebrei.
Deurlopende insamelings vir Bybelverspreiding vind plaas. Lidmate kan maandeliks bydraes deur die kerkkantoor kanaliseer.
Ons fasiliteite word gebruik vir Sotho-eredienste vir huiswerkers wat oor naweke in die stad bly. ’n Jaarlikse retreat/kamp word ook ondersteun.
Maandae - Vrydae | 08:00 -13:00
"Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”
Matteus 28:19 -20 (AFR 2020)