Nuutste Nuusflits

Gebedsversoek vir die dag

Dankie vir elke gebed

Dankie vir elke gebed wat U beantwoord het en vir elke keer wat U my gedra het deur moeilike tye.

Volgende op ons kalender

17 November 2026
  • Grasland Broodtjies | 17 November 2026  
20 November 2026
  • Kyk uit vir Vrypos | 20 November 2026  
22 November 2026
  • Biddag vir Wêreldvigsdag | 22 November 2026  
  • Kerssangdiens Kers-Ete | 22 November 2026  
  • Sin Kol: Volksblad Kersfonds (B11) | 22 November 2026  
  • Erediens | Kerkgebou | 22 November 2026  9:00 am - 10:00 am  
  • Erediens | Kerkgebou | 22 November 2026  9:00 am - 10:00 am  
  • Erediens | Mooihawe | 22 November 2026  10:00 am - 11:00 am  
  • Erediens | Mooihawe | 22 November 2026  10:00 am - 11:00 am  
  • Kategese | 22 November 2026  10:00 am - 11:00 am  
  • Kategese | 22 November 2026  10:00 am - 11:00 am  
  • Erediens | Serenitas | 22 November 2026  11:00 am - 12:00 pm  
  • Erediens | Serenitas | 22 November 2026  11:00 am - 12:00 pm  

Welkom by Bloemheuwel Gemeente

Welkom by ons Nederduitse Gereformeerde Gemeente in die semi-middestad van Bloemfontein. Ons is dankbaar dat jy hier is en nooi jou om deel te word van ’n geloofsgemeenskap waar God se genade, liefde en waarheid sentraal staan.

Ons is ’n gemeente wat glo dat ons God se gestuurde dissipels in hierdie wêreld is. Daarom wil ons saam groei in geloof, mekaar dien in liefde, in woord én daad getuies van Jesus Christus wees in ons gemeente, ons stad en die wêreld.

Ons gemeentelede bestaan uit verskillende ouderdomme en lewensfases wat saam:

  • God aanbid en Sy Woord hoor;
  • Groei in geloof deur Bybelstudie en geestelike toerusting;
  • Omgee vir mekaar en vir die gemeenskap rondom ons;
  • Ons geloof prakties uitleef in die alledaagse lewe.

Of jy nuut is in die geloof, weer op soek is na ’n geestelike tuiste, of al lank saam met die Here stap – jy is welkom. Ons glo God roep ons om saam te leef tot verheerliking van Sy Naam en uitbou van Sy Koninkryk.

Ons hoop jy sal hier iets beleef van God se teenwoordigheid
en ’n plek vind waar jy werklik kan behoort

Wie ons is

Ons is ’n diverse gemeente wat saam aanbid, saam leer en saam dien.

As ’n Christelike gemeente verstaan ons onsself as God se gestuurde dissipels in hierdie wêreld wat ons roeping ernstig opneem om as liggaam van Christus in ons gemeenskap teenwoordig te wees. 

Ons staan in die Gereformeerde tradisie en verbind ons aan die Bybelse leer soos verwoord in ons belydenisskrifte.

Ons glo dat God ons nie net na ver plekke stuur nie, maar ook na ons huise, werksplekke, skole en gemeenskap.

As gemeente wil ons ’n ruimte wees waar jy kan:

Ons Bedieninge

Ons gee prakties uitdrukking aan ons roeping as gestuurde dissipels van Jesus deur agt bedieninge waarin lidmate hul geloof kan uitleef volgens die tyd, gawes en geleenthede wat die Here aan hulle toevertrou.

Ampsbediening

Persoonlike pastorale en geestelike versorging van elke lidmaat.

Erediensbediening

Gasvrye eredienste waar God aanbid word en Sy Woord sentraal staan.

Bybelstudie- en Gebedsbediening

Kleingroepe waar geloof groei deur Bybelstudie, gebed en gemeenskap.

Vrouebediening

’n Vroue-tot-vroue bediening wat liggaam, siel en gees versorg.

Omgeebediening

'n Georganiseerde diens van barmhartigheid aan mense in nood.

Rentmeesterbediening

Verantwoordelike bestuur van die gemeente se hulpbronne.

Jeugbediening

Geloofsvorming vir kinders, tieners
en jong volwassenes

Digitale Bediening

Die Evangelie in
’n digitale wêreld

Getuienisse

Tyler Morgan Founder & CEO of XpeedStudio

Even the all-powerful Pointing has no control about the blind texts it is an almost unorthographic life One day however a small line of blind text by the name of Lorem Ipsum decided to leave for the far World of Grammar. The Big Oxmox advised her

Joshua Lane Founder & CEO of XpeedStudio

Even the all-powerful Pointing has no control about the blind texts it is an almost unorthographic life One day however a small line of blind text by the name of Lorem Ipsum decided to leave for the far World of Grammar. The Big Oxmox advised her

Austin Hayes Founder & CEO of XpeedStudio