Omgeebediening

Ons Omgeebediening gee hande en voete aan Jesus se liefde. As gemeente wil ons ons deernis prakties uitleef deur fisiese nood te verlig én geestelik uit te reik na mense in ons gemeenskap en verder.

Athalia Bejaardesorg

Hierdie huise bied sub-ekonomiese verblyf aan seniors sonder familie-ondersteuning.

Ons gemeente:

  • Verskaf weekliks gekookte etes aan die 32 inwoners van Huis Liefde (hoofsaaklik Alzheimer-pasiënte)
  • Doen jaarlikse Pinkster-insamelings
  • Reël ’n spesiale Kersete en voorsien Kerspakkies met noodsaaklikhede

Kinderhuis – ENGO Jeugsorg

Ons ondersteun die 15 seuns van Huis Welverdiend met bederfpakkies, kersgeskenke en huishoudelike benodigdhede om ’n warm, huislike atmosfeer te help skep. Die huisouers ontvang ook emosionele ondersteuning in hul veeleisende taak.

ENGO Kinder- en Gesinsorg

Ons ondersteun hul werk finansieel en maak gebruik van hul maatskaplike dienste waar nodig.

Raad vir Diens van Barmhartigheid

Ons is ingeskakel by sinodale barmhartigheidsaksies en noodfondse vir rampe in die Vrystaat en elders.

Alimentasie (Kospakkies)

Gesinne in nood ontvang maandelikse gebalanseerde kospakkies. Hierdie bediening word hoofsaaklik deur vrywillige donasies befonds.

Grasslands-bediening

Sedert 2016 is leke-predikers in die informele nedersetting Grasslands opgelei. ’n Kerkstruktuur is opgerig waar eredienste, vroue- en jeugbyeenkomste plaasvind. Ons weeklikse broodprojek voorsien ±300 laerskoolkinders van toebroodjies, en in wintermaande word mussies en handskoene gebrei.

Bybelgenootskap

Deurlopende insamelings vir Bybelverspreiding vind plaas. Lidmate kan maandeliks bydraes deur die kerkkantoor kanaliseer.

Huishulpdienste

Ons fasiliteite word gebruik vir Sotho-eredienste vir huiswerkers wat oor naweke in die stad bly. ’n Jaarlikse retreat/kamp word ook ondersteun.

Voorsitter: Oudl. Frans Jooste

Ander Bedieninge

Ampsbediening
Erediensbediening
Bybelstudie- en Gebedsbediening
Vrouebediening
Rentmeester-bediening
Jeugbediening
Digitale bediening