Ons Gebedsversoeke
Welkom by ons gemeente se gebedsversoeke.
Ons glo in die krag van gebed. Elke maand deel ons graag die gebedsversoeke van ons gemeente, familie en gemeenskap.
Neem gerus ’n oomblik om saam met ons te bid en dra mekaar in gebed. Geen versoek is te klein om voor God te bring nie.
Ons gebedsveresoeke word opgestel deur Marieta du Ru
Dankie vir elke gebed
Dankie vir elke gebed wat U beantwoord het en vir elke keer wat U my gedra het deur moeilike tye.
Lei my voete
Vader ek gee my planne, werk en drome vir U. Lei my voete en help my om getrou te wees in wat U vandag voor my plaas.
Leef met ‘n dankbare hart
Help my om nie te wag vir perfekte omstandighede voordat ek U loof nie, maar om met ‘n dankbare hart voor U te leef.
Help my om my gedagtes te vul
Here wys my wat in my hart nie van U af kom nie. Help my om my gedagtes te vul met u waarheiden my hart te bewaak sodat my lewe U sal eer.
Hy is reeds daar
Begin die week met die wete dat Hy reeds daar is. Dit is’n herinnering dat jy nie alleen die nuwe week ingaan nie, maar onder Sy leiding.
Skenk my nederigheid.
Here ek kniel in die strewe om die dag aan U toe te wy. Lei my op die weg van liefde, en bly naby my. Skenk my nederigheid.
Jesus help my
Jesus help my asb om meer ingestel te wees om te gee as om te ontvang omdat my hart vol dankbaarheid is vir die nuwe lewe wat U aan my gegee het.
Ek wil U Loof
Ek wil U loof en tot U eer sing omdat ‘n lewe in U teenwoordigheid altyd ‘n lewe volvreugde is.
Wanneer die winter verby gaan
Wanneer die winter verbygaan en die lente aanbreek herinner selfs die kleinste lentebloeisel aan U goedheid, liefde en getrou teenwoordigheid.
Dankie vir U Genade
Dankie vir U genade. U het ons lief en koester geen wrok nie. Daarom kan ons telkens na U terug keer wanneer ons struikel omdat U ons met liefde en gendade ontvang.
Aan U alleen kom al die eer
Here ons kniel voor U in aanbidding. Alles behoort aan U – ook die seisiene wat kom en gaan. U is groot, getrou en genadig. Aan U alleen kom al die eer toe.