Ons bely ons geloof soos kernagtig verwoord in die Apostoliese Geloofsbelydenis en meer volledig in die Drie Formuliere van Eenheid:
Hierdie belydenisskrifte help ons om getrou aan die Woord van God te bly en rigting te gee aan ons geloof en lewe.
Maar meer as net woorde op papier, glo ons dat geloof ’n lewende verhouding met Jesus Christus is wat elke deel van ons lewe raak.
Maandae - Vrydae | 08:00 -13:00
"Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”
Matteus 28:19 -20 (AFR 2020)